• slide8
  • slide7
  • slide6
  • slide5
  • slide4
  • slide3
  • slide12
  • slide9
  • slide13
  • slide10

GPS: 34°16'38.00" S    21°52'27.00" E

 
Vanaf Mosselbaai
Neem die N2 rigting Kaapstad. Ongeveer 7km na die Engen vulstasie draai links (daar is 'n bord wat aandui Vleesbaai, Boggomsbaai en Gouritsmond) en hou reguit aan vir ongeveer 13.5km tot by 'n kruising (Vleesbaai en Fransmanshoek is links). By die kruising hou reguit aan vir ongeveer 2km. Aan die linkerkant sal 'n bord teen 'n paal wees wat lees "Weddings & Functions", draai hier links en volg die grondpaadjie vir 500m.
 
Vanaf Albertinia
Neem die N2 rigting Mosselbaai, ongeveer 5km na die Garden Route Game Lodge(aan regterkant van N2) neem die R325 afdraai na Gouritsmond. Hou reguit aan vir ongeveer 20 km tot by 'n kruising, en draai links (Gouritsmond is reguit aan by die kruising en Stilbaai regs). Hou aan vir omtrent 3km tot by 'n eenrigting brug oor die Gouritsrivier, 500m na die brug is daar 'n T-aansluiting, draai regs in die rigting van Vleesbaai en Kanon. Volg die pad vir ongeveer 4.5km, daar sal 'n bord aan die regterkant wees wat lees "Weddings & Functions", draai hier regs en volg die grondpaadjie vir 500m.